Gestbook Heaven Light Homepages
..........

Nothing-But-Music

Karlien van Jaarsveld



                                             


Karlien Van Jaarsveld is a well known South African singer



Here is one of Karlien Van Jaarsveld song's Ek wil nie kwaad gaan slaap nie





 

 



Karlien van Jaarsveld (21 Desember 1985, Paarl) is 'n Afrikaanse sangeres. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik. Sy was ook vroeër 'n lid van die rockgroep Revolusie, maar het teen die einde van 2008 daaruit bedank.









 


Biografie

Karlien van Jaarsveld is die oudste van 3 kinders. Haar broer, Bobby van Jaarsveld is ook 'n sanger in eie reg.












Karlien is nie ‘n nuwe gesig in die musiekbedryf nie. Sy het 3 jaar gelede begin om saam met Bobby op te tree as sy kitaarspeler en agtergrondsanger. Sy het ook ‘n duet saam met Bobby gedoen op sy eerste album. Karlien het so 2 jaar gelede besluit om haar eie ding te doen en het toe ‘n rockband gestig, REVOLUSIE. Sy was dus die stigter en hoofsanger van die groep, REVOLUSIE. Rockmusiek was maar altyd in haar bloed en sy het die 2 jaar saam met REVOLUSIE beskou as een van die beste leerskole ooit.



 

Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om solo te gaan met haar loopbaan en sy het REVOLUSIE verlaat.








Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. Twee videos is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Karlien se album is alreeds vir ‘n hele paar weke onder die Top 5 verkopers op die DKNT ranglys. Die album se verkope het ook Platinum Status bereik.




 



Karlien verskyn ook in November in die nuwe Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay & Lianie. Sy speel die rol van ‘n parmantige matriekdogter. Sy is in 2011 vir 3 Tempo Toekennings benoem – Beste Nuweling, Beste Pop Album en Beste Vroulike Kunstenaar waarvan sy as Beste Nuweling benoem is.





Karlien is ook deel van ‘n nuwe Afrikaanse fliek wat in 2013 geskiet word. Karlien is as wenner aangewys in die volgende kategorieë: Beste Vroulike Kunstenaar, Musiekvideo van die Jaar en Beste Pop Album.






 

 

Karlien is ook benoem in die Ghoema Toekenning vir die volgende kategorieë: Beste Vroulike Kunstenaar; Liedjie van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Musiekvideo van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Album van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Beste Pop Album vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”.










Click on this to go to her Fanpage






 










































































































































Flag Counter




W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free